Sappi Voëls van Suid-Afrika met Klankleser


'n Innoverende Suid-Afrikaanse voëlgids met klankleser - nou kan jy die klank met die prent beleef vir 'n ryker en meer toeganklike ervaring van ons natuurlewe. Identifiseer voëls vinnig en akkuraat met behulp van hierdie multimedia boek en toestel kombinasie.
Baankbreker Voëlgids Ontsluit Klank uit Foto's
Briza Publikasies maak geskiedenis deur die eerste voëlgids met klank te publiseer. Sappi Voëls van Suid-Afrika deur Saartjie Kidson en Herman van Niekerk verander die manier waarop voëlliefhebbers hulle gunsteling stokperdjie beoefen.
“Voëlklanke is besonder waardevol vir korrekte identifikasie van spesies. Dit is egter ’n uitdaging om voëlklanke op ’n kompakte skyf of een van die elektroniese apparate te soek. Die nuwe Sappi Voëls van Suid-Afrika met sy bypassende Klankleser® bied ’n unieke oplossing – die voël se roep word gehoor deur eenvoudig die Klankleser® na die foto te rig! Dit bied voëlentoesiaste, oud en jonk, ’n baie opwindende en bruikbare kombinasie van gedrukte media en elektroniese tegnologie om hul passie soveel meer effektief en suksesvol te kan uitleef”, sê Gerhard Verdoorn (aasvoëlkenner en natuurliefhebber).
Die Outeurs
Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, die outeurs, het in 2003 ’n leemte in plaaslike voëlboeke raakgesien en ernstig aan ’n nuwe reeks innoverende voëlgidse begin werk. Hulle kennis, liefde vir die natuur en betrokkenheid by voëlkyk en natuurbewaring het hulle paslik toegerus vir so ’n omvangryke projek. Die gewilde Kitsgids tot voëls van die Bosveld en Kitsgids tot voëls van die Laeveld, is voltooi met waarde toevoegende DVD’s en ’n voëlklanke CD daarby. Daarna is die reuse sprong geneem om basies dieselfde konsepte oor te dra na ’n nasionale Suid-Afrikaanse voëlgids. Gevorderde tegnologie wat deur Briza Publikasies ingespan is, het dit egter nou moontlik gemaak om die afsonderlike DVD met die klankleser® te vervang en sodoende die toeganklikheid van die klanke aansienlik verbeter. ’n Eerste vir Suid-Afrika.
Die outeurs is oortuig daarvan dat voëlkyk in Suid-Afrika nou grootliks gaan verander en dat veral ’n nuwe geslag jong voëlkykers die geleentheid en tegnologie gaan aangryp en toegewyde voëlkykers gaan word.
Saartjie was, onder andere, ook stigterslid van die Naboomspruitvoëlklub en Herman van Friends of Nylsvley. Herman het ook reeds verskeie ander boeke gepubliseer.
Meer oor die gids
- ISBN: 978 1 920217 32 7
- Bladsye: 320
- Formaat: 168 x 240 mm
Opneem-funksie
Om op te neem op jou Klankleser®:
- Druk R (en los) om op te neem
- Druk R (en los) om opneem te stop
- Druk R effens langer (2 sekondes) en los, om opname terug te speel.
NB: Dit is net die laaste opname wat teruggespeel word. Alle opnames word in afsonderlike klanklêers gebêre op jou Klankleser® se ongeveer 100 minute stoorkapasiteit.
Om opnames af te laai en te "delete" op jou Klankleser®:
- Konnekteer jou Klankleser® aan jou rekenaar met die USB-kabel.
- Maak 'My Computer' oop en kliek op 'Removable Disk ..'.
- Maak jou Klankleser® oop op jou rekenaar en dan kry jy 3 lêers: BOOK / MP3 / RECORD
- Kliek op 'RECORD'. Al jou opnames sal daar wys in verskillende opnamelêers. Laai af en 'save' op jou rekenaar.
- Nou kan jy al die opnamelêers 'delete' (op die Klankleser®) om dan weer sodoende kapasiteit te hê vir nuwe opnames.
What's in the box
- Sappi Voëls van Suid-Afrika
- 1x Klankleser met standaard 3.5mm oorfoon/luidspreker "jack", aansitknoppie, klank- n wyseversteller, sensor, 2GB geheuekaart, mini USB poort and battery laaier.
- Limited 1-Year Warranty
Payment plans available. 0% interest.Learn More
Great gift for birdwatchers
Show Details
The recipient who is an avid birdwatcher loved the photography and the ease with which he could listen to the bird calls.
N/A
Show Details
Excellent customer service, especially during this festive season and on very short notice my package was delivered at the given address.
Keep it up.
Recommended Accessories

Sale ends
Only 2 available in Store
Related Products

Only 2 available in Store
Recently Viewed Items
Tags: