Die Voëlgids van Suider Afrika

General Book Publishers 21products
If you have a questions, our AI assistant may be able to answer instantly.

Hierdie omvattende en gewilde voëlgids beleef sy tweede hersiene uitgawe met ‘n meer gebruikersvriendelike omslag – geskik vir die veld en baie hantering. Enkele voëlname is intussen herbenoem en die nuwe name word ook in hierdie uitgawe vervat. Die boek maak gebruik van ’n gebruikersvriendelike stelsel met kleurkodes en kruisverwysings om vinnig by die regte voël in die boek uit te kom. Dit bevat meer as 1 200 uitstekende volkleurfoto’s van 809 voëls wat die verskillende kleurvorms illustreer: mannetjie en wyfie, jonge, broeidrag en ander variasies. Simbole wat die voël se voorkeur habitat, kos, sosialiteit en nes-tipe aandui maak identifikasie baie maklik en vinnig. Verspreidingskaarte wat die voorkomsdigtheid en migrasiepatrone aantoon help ook met identifikasie in 'n spesifieke area. Die boek maak ook gebruik van ’n stelsel wat die 809 voëls volgens uiterlike kenmerke en gedrag in 12 logiese groepe met kleurkodes indeel. Dit bevat volledige teks wat klem lê op identifikasie en gedrag, en ook bruikbare inligting verskaf oor voëlfamilies en kleiner groepe.

This product has been discontinued.
There are no replacements or alternatives available for this item.

Recently Viewed Items