VELD Voëls van Suider-Afrika: Die Volledige Fotogids




'n Gids boek wat die verskillende voëls van Suider-Afrika in 10 groepe verdeel op grond van hulle mees kenmerkende eienskappe. Akurate identifikasie is makliker as tevore met die hulp van die nuuste navorsing en ongeveer 2000 uitstekende kleur fotos in die VELD Voëls van Suider-Afrika: Die Volledige Fotogids.
Die boek is 'n bron van kennis met verskillende skrywers, bekende natuurfotograwe en ervare voëlkykers soos Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler.
- Inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat
- Opsommende inligting oor elke voëlspesie van grootte, kos, status en sosialiteit
- ’n Volledige en verkorte register
Vir alle voëlliefhebbers - in die vlaktes van die bosveld of selfs jou eie tuin.
VELD Voels van Suider-Afrika: Die Volledige Fotogids
Burger Cillie, Trevor Hardarek, Karen Wiesler, Niel Cillie and Phil Penlington.
VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige
- Kleurfoto’s
- Die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
- Bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
- Opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
- Bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
- ’n Volledige en verkorte register
- ’n Toepassing (“App”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.
Burger Cillié is ’n bekroonde natuurfotograaf met meer as dertig jaar se ervaring. Hy is die skrywer en mede-skrywer van meer as vyftien boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild.
Niel Cillié is ’n bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is ’n grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ’n spesiale belangstelling in roofvoëls.
Phil Penlington is ’n ervare voëlkyker en -fotograaf, die mede-stigter van birdpics.co.za en ’n gereelde deelnemer aan BioChat.
Trevor Hardaker is een van SA se mees ervare voëlkykers. Hy is die voorsitter van die BLSA National Rarities Committee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News.
Karin Wiesler is ’n kranige voëlkyker en -fotograaf met ’n graad in omgewingsleer en ’n kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA).