×
Please note that we are closed for the public holiday on Monday, 10 Aug 2020
Stay informed! Visit the SA Department of Health's website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za

IsMozBos BosKind Seep (Soap) 140g

Enlarge +
IsMozBos BosKind Seep (Soap) 140g

Was dit al ooit nodig om al jou vensters op 'n warm someraand toe te maak in 'n poging om muskiete weg te hou? Of jy nou in die bos of by die huis is, is muskiete geneig om enige en elke geleentheid te vind om by jou te kom klop. Dit is waar Moz Bos Bosseep in werklik handig kom! Hierdie trots Suid-Afrikaanse produk is geïnspireer deur die Afrika-bosveld en met wilde salie en citronella-uittreksel, help hierdie seep om die gevreesde muskiete weg te hou, en nou ook van jou kleinspan af!

Brand: Is Moz Bos
Product Code: BOSKIND
R 55.00
Only 2 available in Store
Free delivery on
orders over R1000

Recommended Accessories

R 400.00
(2)
R 1,295.00
(5)
R 290.00
Awaiting Stock

VOEL DIE BOSVELD AAN JOU LYF

Hoekom hierdie kombinasie? Albei bestandele wilde salie en sitronella is bekend vir hulle muskietwerende effek. Indien jy ook bietjie wandel in die bos en so paar skrape opdoen help wilde salie ook om die wonde skoon te hou en help teen infeksies. Selfs diediere weet om hulle teen die wilde salie te skuur hou die peste weg.

GEMAAK VIR DIE BOS

Bosseep hou die lastige muskiete eenkant sodat jy die bosveld kan geniet. Bosseep is ook ‘n ideale geskenk want dit lyk nie net mooi nie maar dit werk ook regtig. Daar is 5 verskillende verpakkings met dieselfde bosseep in elk. Die rede vir verskillende verpakking: ons is almal verskillend en hou ons van verskillende kleur en ontwerp. So kan jy vir elke bosliefhebber ‘n bosseep gee na sy eie kleur en smaak. Almal hou van ons seep… dit is nou almal behalwe muskiete.

IS MOZ BOS SE STORIE

Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ‘n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in ‘n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het. Erens op ‘n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek - in vervoering met die geurige struik wat so eg bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke was bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ‘n tas vol wildesalie en ‘n kop vol drome.

Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ‘n besonderse lyfprodukreeks wat geÏnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die bosveld. IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.

BESTANDDELE

  • Stearic Acid
  • Propylene Glycol
  • Sodium Xylene Sulphonate
  • Sodium Lauryl Sulphate
  • Palm Kernel Acid
  • Sugar
  • Glycerin
  • Aqua (Water)
  • Sodium Hydroxide
  • Sodium Chloride
  • Parfum
  • CI 19140

If you want to know more about this product, we know that you’ll love these articles:

Included

  • IsMozBos BosKind Seep (Soap) 140g
  • No Warranty


Write a review

Bad Good
(Minimum 25 characters)
(3 - 50 Characters)
Gerald

Talk to one of our friendly and knowledgeable consultants about this product. Call us on +27 12 348 3693 or Click to chat with one of our online consultants

Related Products

R 50.00
Tags: IsMozBos
Compare Products
View your comparison