Voetspore Indië saai regstreeks uit op SABC 2 vanaf Maandag, 22 April 2019 om 7nm.
Tydens hul drie maande toer deur Indië het Voetspore fotograaf, Stefan Sonnekus, geheg geraak aan die Canon EOS 80D DSLR kamera. Hierdie kompakte kamera beloof kwaliteit beeld met ‘n 24 MP APS-C CMOS kamera sensor en is ideaal vir professionele fotograwe sowel as natuur- en wildfotografie liefhebbers met vakansie.
Stefan is veral gaande oor die uitswaai skerm wat mens toelaat om hoeke af te neem wat mens andersens nie sou kon deur die “Viewfinder” nie. Die raakskerm (touchscreen) maak dit maklik om jou stellings te verander, en mens kan selfs in en uit vingerzoem om te kyk of jou fokus skerp is presies waar jy dit wil hê.
Hy is ook beïndruk met die standaard Canon EF-S 18-135mm f/3.5-5.6 IS lens wat van hoek tot hoek skerp afneem selfs met ‘n wye lensopening. Die Canon 80D bied professionele funksies in ‘n maklik-hanteerbare kamera en het selfs ‘n ingeboude tydhouer vir tydsverloop-fotografie.
Leave A Comment