Voetspore in Indië met die Canon 80D

Die gewilde SABC 2 dokumentêr, Voetspore is tans (15 April – 15 Julie ’17) op ’n drie-maande reis deur Indië met twee Canon 80D kameras trots geborg deur Outdoorphoto, waarná jy dit kan huur by ons Rentals departement. Sedert 2000, het die Voetspore span menigte ekspedisies regoor Afrika behartig – van die suiderpunt tot die toppunt van Afrika. En sedert 2006 sprei hul, hul vlerke na ons mede BRICS lande, naamlik Brazil, Rusland, Indië, China en nietemin, Suid-Afrika. Alhoewel die dokumentêr eers in December 2018 vrygestel word, terg Voetspore ons graag met nuusbrokkies in ‘n neutedop, soos dié van agter kameraman, William Warren se oë.

Só lyk hul roete…

Voetspore begin hul reis in Mumbai vanwaar hul (sover moontlik) toer na Goa, Hampi, Kerala, Chennai, Konark, Kolkata, Wes Bengal, Sikkum, die suidelike Himalayas, Varanasi, Ganges, Dehli, Ladakhm, die Himalayas, Kashmir en Gujarat (sjoe, wat ‘n mondvol!) met die hoop om Suid-Afrikaners te inspireer om Indië en sy skatte self ook te gaan ontdek.

Voetspore-Canon80D

Indien jy nie reeds het nie, ontmoet die Voetspore span – William, Johan, Simon, Streicher en Stefan (van links na regs).

Die volledige toerustinglys

Behalwe vir die twee Canon 80D kameras sal jy ook die volgende kamera toerusting in die Voetspore span se bagasie kry:

(* Let wel dat die produkname in Engels verskyn vir beter ooreenstemming met ons aanlyn kamera winkel.)

Bykomstighede

hoya-hmc-filter-uv-49mm

Hoya HMC Filter UV (49mm)

Hoya HMC Filter UV (77mm)

Hoya Pro1D Filter UV (77mm)

GPB Generic for Sony NP-F970 Batteries

2x GPB Generic for Sony NP-F970 Batteries

hoya-hmc-filter-uv-49mm

GPB Charger Plate for Sony NP-FM50 GPB Universal Travel Battery Charger NP-FM50

gopro-roll-bar-mount

GoPro Roll Bar Mount

About the Author:

info@outdoorphoto.co.za
The Outdoorphoto Blog strives to inform, educate, engage and inspire South African creatives - it's all about the photographic lifestyle.

Leave A Comment