Clarisse Pieterson is ‘n professionele fotograaf en ‘n bekende gesig hier by Outdoorphoto. Sy het ‘n liefde vir reis, die laatmiddagson en natuurlik fotografie. Ons is bevoorreg om met ons lesers hierdie gawe mens vanagter die kamera te deel, asook ‘n ding of twee by haar te leer.
Clarisse kliek met fotografie
Toe sy klein was, wou hierdie “born and bred” Pretorianer graag ‘n verpleegster word, maar nadat sy haar eerste kamera by haar ouers gekry het, was hierdie droom neusie verby.
Só het Clarisse ‘n liefde ontdek vir lig – om daarmee te speel, die effek daarvan op foto’s vas te vang, asook die manier hoe goedbeligte foto’s mense spesiaal kan laat voel. Sy sê: “Die ervaring om iemand se ‘inner beauty’ te wys, is pretty amazing!”
Haar grootste inspirasie op daardie stadium was Suid-Afrikaanse landskapfotograaf Koos van der Lende en later, Merwelene van der Merwe by wie sy twee jaar geassisteer het.
Skaam – talentvol – veelsydig
Mense praat baie van Clarisse se werk as trou fotograaf, maar nadat ek deur die foto’s op haar webblad gegaan het, het ek besef dat haar werk as kommersiële fotografie meer lof verdien.
Sy verkies juis kommersiële werk omdat dit haar die privaatheid waarna ‘n introvert soms verlang verleen.
Clarisse praat toerusting en deel haar wenresep
Clarisse gebruik ‘n Canon 5D Mark II en 1Dx camera met ‘n Canon 24-70mm f/2.8 L USM lens en ‘n kombinasie van Ellinchrom en Profoto studio ligte. “Die opstel verskil met die hoeveelheid ligte wat ek gebruik maar meestal is dit natuurlike lig gekombineer met ‘n flash.”
Direk na ‘n fotosessie sal Clarisse dadelik al haar werk veilig op ‘n paar verskillende hardeskywe laai. Daarná sal sy saam met die kliënt of op haar eie sit om die beste foto’s van die dag te identifiseer. Sy gebruik Lightroom of Camera RAW vir hierdie proses, waarná sy oorskuif na Photoshop CC om die foto’s te verfyn.
Oulike wenke
Clarisse se raad aan enigiemand wat belangstel in hierdie ‘genre’ van fotografie is GEDULD! “Kry ‘n resep wat vir jou werk en kry iemand wat jou kan assisteer met goedjies rondskuif.” As dit kom by die stilering stel sy voor dat jy kyk na wat ander doen en deur tydskrifte blaai om op hoogte te bly van die nuutste tendense. Dit sal die lewe vir jou makliker maak en boonop jou kliënt beïndruk.
Haar toekomsdrome en baba Lana
Sy hou van lekker kosmaak en kan nie verby ‘n goeie kookboek loop nie. Sy droom daarvan om eendag in die kommersiële wêreld naam te maak net soos met trou fotografie. Sy se ook dat sy “graag eendag [haar] eie kookboek wil publiseer.”
Hierdie skaam dog avontuurlustige fotograaf inspireer ons met haar mooi werk, skoon lyne en sprankelende persoonlikheid. Ons wens haar alle voorspoed toe met haar werk en haar baba dogtertjie – Lana.
Absolutely stunning! Going through these photo’s, i sometimes forget how talented my wife is! Love the light and lines.
Well written article, thank you ODP!
Pragtige fotos maar julle artikel is vol spelfoute!!