‘n Fotografiegids op jou slimfoon

22 December 2017

Sukkel jy soms om mooi dierefoto’s te neem? Moenie verder bekommer nie, want daar’s ’n slimfoontoep op die mark net vir jou!

Wanneer jy besig is om ’n leeuwyfie wat op ’n sebra se rug spring, af te neem, is dit soms moeilik om die fotografiese beginsels, wenke en goeie verstellings waarvan jy in boeke en op internetforums gelees het te onthou. En daarom het ek besluit om ’n slimfoontoep (ja, die Afrikaanse naam vir ’n app is ’n toep – soos in ’n toepassing) spesifiek vir amateur dierefotograwe te ontwikkel.

Die tuisskerm van Learn by Example – Wildlife Photography bestaan uit ses hoofkategorieë:

  • kameratoerusting
  • verstellings
  • komposisie
  • light
  • dieregedrag
  • kreatiwiteit
  • ’n 7de kategorie neem jou na Outdoorphoto vir aanlyn inkopies

Elk van die ses kategorieë bevat tussen ses tot 10 waardevolle wenke, soos hoe om diere op ’n nagrit af te neem, of hoe om voëls in vlug vas te vang. In totaal is daar 50 wenke en elke wenk bestaan uit ’n paar fotografiese voorbeelde, elk met ’n kort beskrywing van hoe die foto geneem is en wat die verstellings was. As jy bang is jy vergeet waar jy een van die 165 voorbeelde opgespoor het kan jy dit bloot as ’n gunsteling merk en later op die “Favourites” skerm gaan lees.

Met Learn by Example – Wildlife Photography op jou slimfoon, is dit asof ek saam met jou op safari gaan. Jy kan rustig om die kampvuur sit en oplees oor nuwe tegnieke, of jouself in die veld herinder aan ’n belangrike beginsel of verstelling. Hierdie toep sal jou sonder twyfel help om beter dierefoto’s te neem. So waarvoor wag jy? Laai dit vandag af deur vir die volgende op jou slimfoon te soek:

  • iPhones: Learn by Example – Wildlife Photography in die Appstore
  • Android-fone: LBE Wildlife Photography in die Google Play Store

Die prys is tans net onder die R31.90*. Indien jy van die toep hou, los asseblief ’n resensie.

*Die prys is korrek tydens publikasie.

About the Author:

Villiers Steyn is an online photography teacher, wildlife photographer and travel writer based in Hoedspruit, South Africa. He presents courses on Udemy.com, leads photographic safaris for At Close Quarters and has had his work published in leading travel magazines, including go!, DriveOut, Getaway, Country Life and Travel Africa.

Leave a Comment