Wie is Petro Hansen?

Ek is eerstens ’n skrywer; kunsfotografie is my tweede passie. My boek vervleg is laasjaar deur Protea Boekhuis uitgegee. Nes die stories in my boek, skep ek foto’s wat die temas van liefde, eensaamheid en verlange uitbeeld. Mense sien hul eie stories in my foto’s raak. Ek het sowat vyf jaar gelede toevallig op ’n foto van Brooke Shaden op sosiale media afgekom en net daar besef dat die tipe fotografie die era van koetse en handgeskrewe liefdesbriewe in my wakker maak.

Petro Hansen

Art of Print druk Petro se kunsfoto’s op Ilford Galerie Textured Silk.

Vertel ons meer oor The Vintage Factory

Ek is baie lief vir die Franse se manier van dink en doen. My fotografie weerspieël ook die voorliefde van my.

My fotografie val as ’n been onder my besigheid: The Vintage Factory. Die doelstelling met my fotokuns is om mooi kuns bekostigbaar te maak en my foto’s sal online te koop wees op my website www.vintagefactorysa.com wat eersdaags bekendgestel gaan word.

Petro Hansen

Wat maak jou uniek?

Om die koste van ’n fotosessie te spaar en die besit van mooi kunsfoto’s van, byvoorbeeld, jou kinders moontlik te maak, het ek ’n unieke fotodiens begin. Die kliënt kan vir my ’n foto in die styl van ’n portret e-pos na [email protected] wat ek dan in ’n kunswerk omskep. My fooi hiervoor is R300 per foto. Ek gee riglyne vir die kliënt met betrekking tot die foto wat geneem moet word. Aangesien ek die foto manipuleer, is dit die tegniese aspek rondom die foto elemente waar rondom ek werk.

Watter ander dienste bied jy aan?

My dienste behels verder ook fotosessies in my studio. Die ure wat ek aan een foto spandeer maak my fotopakette anders as wat die gewone fotograaf vir ’n pakket sou vra. My pakket werk op drie foto’s per fotosessie waarvan die koste R3000 beloop.

Petro Hansen

Die foto wat ek omskep word gemanipuleer om te lyk soos ’n skildery.

Waar kan ons meer van jou kunsfoto’s sien?

My foto’s is uniek in die sin dat dit op enige medium – hetsy ’n canvas, tafeldoek, kussingoortreksel of die mooiste kunspapier deur Art Of Print – geprint kan word. My fotografie kan op my Instagram blad vintagefactory_sa gevolg word. Dan ook het die eer het my te beurt geval dat een van my kunsfoto’s onlangs deur 1X.com gepubliseer is.