Professionele fotograaf en safari gids, Villiers Steyn van Vision Photography in die Laeveld wys hoe jy jou voorwerp kan laat uitstaan deur jou agtergrond maklik en effektief te verdof.

Verdof die agtergrond

As jy dit wat in die voorgrond van ’n foto is mooi wil laat uitstaan, moet jy dit wat in die agtergrond is lekker dof laat lyk anders is jou onderwerp geneig om “weg te raak” in die foto. Hoe dowwer die agtergrond is wanneer jy ’n portretfoto van ’n persoon of ’n dier neem, hoe meer staan jou onderwerp uit en daarom is dit gewoonlik een van die belangrikste doelwitte wanneer mens hierdie tipe foto’s neem. Om die agtergrond mooi ge-“blur” te kry, moet ons egter van ’n paar goed seker maak:

Familie foto op sandbank

Sit jou lang lens op

Kort lense (bv. ’n 10-22mm wyehoeklens of ’n  18-55mm kit-lens) is nie ideaal vir portretfoto’s nie. Gebruik eerder jou langer lense (200mm en hoër), gee ’n paar treë terug en zoom dan in op die onderwerp. Sodoende sal die agtergrond dowwer vertoon.

Wees bewus van die agtergrond

As jy jou dogter reg langs ’n muur laat staan wanneer jy ’n foto van haar in haar matriekafskeidsrok neem, gaan jy nooit die agtergrond kan verdof nie – dis heeltemal te naby aan jou onderwerp. Soek vir jou ’n lekker oop area waar die agtergrond verder agter haar is. Vêr soos in 20 of 30 meter vêr! Maak ook seker daar is nie “geraas” in  die agtergrond nie. Ek verwys na geraas as enige voorwerpe of skerp kontras wat ’n mens se aandag van die onderwerp in die voorgrond kan aftrek.

Villiers Steyn photo of yellow hornbill

Kies die regte verstellings

Skakel oor na Aperture Priority (A/Av) en kies ’n lekker lae f-waarde (tussen f/2.8 en f/5.6). Hoe laer jou kamera se f-waarde, hoe meer blur die agtergrond. Hoe hoër hierdie waarde, hoe duideliker word dit wat agter jou onderwerp is.

Volg Villiers se avonture by