Arende van Afrika by Johann Knobel

General Book Publishers 21products

Hierdie boek is 'n vertoonvenster vir die arende van Afrika met gevoelvolle teks en boeiende fotografie. 

  • Volkleurfoto's van al die 26 arendspesies wat op die vasteland van Afrika voorkom 'n eerste in die geskiedenis van die boekwese. 
  • Feite belaaide maar leesbare spesiebeskrywings.
  • Spesiale essays, in woorde en foto's, oor die jag, die broei-siklus, die arend se dag en die arend se wêreld.
  • Arendname in Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Spaans, Swahili, Tswana, en Zoeloe.
  • Verspreidingskaarte, afmetings, globale bewaringstatus.
  • Onderhoudende staaltjies oor die skrywer se ervarings in die veld.
If you have a questions, our AI assistant may be able to answer instantly.

Ook in Engels beskikbaar.

 

Hierdie boek is 'n vertoonvenster vir die arende van Afrika met gevoelvolle teks en boeiende fotografie. 

 

- Volkleurfoto's van al die 26 arendspesies wat op die vasteland van Afrika voorkom 'n eerste in die geskiedenis van die boekwese. 

- Feite belaaide maar leesbare spesiebeskrywings.

- Spesiale essays, in woorde en foto's, oor die jag, die broei-siklus, die arend se dag en die arend se wêreld.

- Arendname in Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Spaans, Swahili, Tswana, en Zoeloe.

Verspreidingskaarte, afmetings, globale bewaringstatus.

Onderhoudende staaltjies oor die skrywer se ervarings in die veld.

 

Johann Knobel, die skrywer en fotograaf, het reeds van kleins af 'n blywende belangstelling in arende. Vanaf 1991 is sy belangrikste fotografiese doelwit om die gees van die arende van Afrika met sy kamera vas te vang. Hy het arende in verskeie lande in Suider- en Oos-Afrika, die Midde Ooste en Noord-Amerika bestudeer en gefotografeer. Johann is die mede-outeur van The Magnificent Natural Heritage of South Africa (Sunbird Uitgewers 1999).

 

Alan Kemp, 'n internasionaal erkende roofvoëlkundige en mede-outeur, saam met sy vrou Meg, van The Birds of Prey of Africa and its Islands (New Holland 1998), het as voëlkundige spesialis-raadgewer opgetree. Peter Steyn,'n baanbreker op die gebied van navorsing op Afrika-arende en die welbekende skrywer van Eagle Days (Purnell 1973), The Birds of Prey of Southern Africa (David Philip 1982) en Hunters of the African Sky (Struik Winchester 1990), het die voorwoord geskryf.

 

This product has been discontinued.
There are no replacements or alternatives available for this item.

Recently Viewed Items